Leerders word jaarliks verkies om in die Paarl Junior Stadsraad te dien. Hier word leerders blootgestel aan sekere verantwoordelikhede ten opsigte van jeugaangeleenthede in die Paarl. Hulle kry die geleentheid om baie mense te ontmoet, aksies te loods (bv. die Junior Stadsraadsbal en ouetehuisprojekte) en insette rakende die jeug te lewer.
Aan die einde van graad 9 word vier kandidate verkies om vir 'n voorbereidingsjaar in die Junior Stadsraad te dien. Die graad 10- en 11-leerders is self, saam met die sameroeper, verantwoordelik om die nuwe leerders wat in die raad dien, te kies. Hierdie leerders moet 'n brief inlewer om te bewys dat hulle as goeie raadslede sal optree. Die groep van vier bestaan uit twee dorp- en twee koshuisleerders.
Aan die einde van Gr. 10 word toesprake deur leerders oor hul visie en missie vir die Junior Stadsraad gelewer. Hierdie toesprake word aan die hele Stadsraad voorgelê en dan word tien lede verkies om in die uitvoerende komitee te dien.
Aktiwiteite sluit in:
* 'n spanbou- en leierskapskamp
* 'n demokratiese opleidingskursus
* 'n pretloop vir liefdadigheid
* 'n sokkerdag vir minderbevoorregtes
* 'n Junior Stadsraadbal/-dinee
* 'n 'Adopt a child day' vir minderbevoorregtes
* vrywilligheidswerk by hospitale
* besoeke aan ouetehuise
* 'n skryfbehoefteprojek (leerders moedig die hele skool aan om skryfbehoeftes te bring en deel dit uit aan minderbevooregtes).
Nuwe projekte:
• ou oefenskoene insamel : hoofprojek
• ou koffieblikke/potte insamel om vol sweeties te maak (vir minderbevoorregte kleinskole)
Die JTC is 'n groep diverse jongmense wat saam daadwerklik aksie neem om n verskil te maak in hulle gemeenskap. Dit is n platform waar jongmense hoop kan skep vir die wat na hulle kom en perfekte voorbereiding vir die werklike lewe na skool. Ubuntu en verantwoordelikheid is sinoniem met die junior stadsraad.