Op Donderdag 25 Oktober het Alexa Steenkamp (hoofdogter) en Tazreeq Moerat (hoofseun) namens die matrieks van 2023 amptelik hul matriekgeskenk aan die hoof, mnr. Paul Viljoen, en die waarnemende hoof van 2023, mnr. André Oberholzer, oorhandig.
Hierdie pragtige beeld met die titel Saam is ons sterker is in die visdam aangebring. Die treffende beeld is deur die bekende beeldhoudster, Lenie Harley, 'n oud-Gim-ouer geskep. Die beeld van 'n seuns- en dogtershand wat na mekaar en na Bo reik, simboliseer die eenheid, krag en samewerking van die Gim-familie in die verlede, hede en toekoms. Terwyl die Water van die Lewe oor hulle spoel, hou hul vas aan die waardes en tradisies wat deur vorige generasies oorgedra is.
Dit span die kroon op 'n baie suksesvolle en besonderse jaar. Dankie, Matrieks 2023
AGTER (v.l.n.r.) Janke van der Merwe, Kyla Smit, Daniëlle de Jonge, Lila Doyer, Lea Schöltz
VOOR (v.l.n.r.) Marika Dixon, Elzé Laubscher, Sophia Liebenberg, Mia Groenewald
Ons is baie trots op ons o.15A-netbalspan wat die SA Kampioenskap onoorwonne afgesluit het.
Hierdie span eindig algeheel eerste in die land en is die Kay Motsepe Kampioene! Hulle sal aan die einde van die jaar Suid-Afrika in 'n toernooi in Singapore verteenwoordig.
Hierdie span eindig algeheel eerste in die land en is die Kay Motsepe Kampioene! Hulle sal aan die einde van die jaar Suid-Afrika in 'n toernooi in Singapore verteenwoordig.
Paarl Gimnasium het 22 nuwe bloedskenkers gekry. Altesaam 54 skenkers het die kliniek, wat in Huis McFarlane gehou is, ondersteun. Die WCBS het sommer ook seker gemaak dat die matrieks weet waar hulle volgende jaar, by hul onderskeie tersiêre instansies, kan skenk.
Kliek HIER vir meer foto's
Kliek HIER vir meer foto's