2024


Rugbybepalings 2024
















PAARL GIMNASIUM RUGBY

Rugby het in 1902 by Paarl Gimnasium afgeskop. Destyds is daar nie streng volgens ouderdomsgroepe gespeel nie en onderwysers en seuns het gereeld saam vir die skool gespeel. Die skoolhoof van daardie tyd, Mnr. F.C. Wahl was ook die kaptein van die eerste rugbyspan.

Paarl Gimnasium het tot op hede 31 Springbokke en 6 Blitsbokke opgelewer. Ons is ook baie trots op ons 174 Cravenweekspelers waarvan 45 ook die SA Skolespan verteenwoordig het.

Van die oud-Gimmies wat die Springbokke verteenwoordig het sluit in: Schalk Burger, Jean de Villiers, Marius Joubert, Louis Koen, De Wet Barry, Kobus Wiese, Balie Swart, Ashley Johnson en die huidige eerstepanafrigter, Pieter Rossouw. Verskeie oud-Gimmies het die voorreg gehad om die Springbokke aan te voer met Jean de Villiers wat die mees onlangste kaptein was.

Die jaarlikse interskole teen HJS is die grootste interskole in die wêreld en lok vir daardie week meer as 60 000 mense na die Paarl en 20 000 toeskouers op wedstryddag. Die wedstryd word jaarliks uitgesaai en oud-Gimmies van regoor die wêreld volg dit.

Ons is baie trots op ons jaarlikse o.16- en o.14-rugbytoernooi wat sedert 1992 by Paarl Gimnasium aangebied word. Meer as 950 seuns van die toprugbyskole in SA neem aan hierdie toernooi deel.

Paarl Gimnasium neem jaarliks deel aan die toptoernooie regoor Suid-Afrika. Dit sluit die volgende in:

  • Noord-Suid (o.19A en B)
  • Wildeklawer (Alle A-spanne)
  • World Schools Festival (o.19A en B)
  • Paarl Gimnasium o.14- en o.16-rugbytoernooi (o.14A en o.16A)
  • HJS o.15-Toernooi (o.15A)

Navrae: Bertie van Litsenborgh : Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Toelatings : Nuwe Leerders

Kliek HIER vir inligting t.o.v. TOELATINGS
  • AANSOEKVORM
  • GEDRAGSKODE
  • TERME EN VOORWAARDES

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2024 Kalender vir Ouers

Om die nuutste pdf weergawe van 2024 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video


Kliek HIER vir video

Welkom-Terug Fees


Kliek om te vergroot