PAWILJOENKAARTJIES VIR INTERSKOLE 2016

Dit is alweer sulke tyd. As lid van die Paarl Gimnasium Oud-Studentebond wie se ledegeld vir 2016 betaal is, kry u voorkeur by die toekenning van die kaartjies vir die hoofpawiljoen / Noordpawiljoen van die Faurestraat Stadion vir Saterdag 6 Augustus 2016.

Elke lid is daarop geregtig om vir 'n maksimum van 2 kaartjies @ R100 per kaartjie aansoek te doen.  Stuur asseblief u skriftelike aansoek voor Vrydag 17 Junie 2016 na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .  U bespreek nou reeds u kaartjie(s) en betaling moet geskied wanneer u die kaartjie(s) gedurende interskole-week by die OSB-kantoor afhaal.

ALLE OUERS VAN HUIDIGE LEERDERS MOET HUL KAARTJIES DEUR DIE SKOOL BESPREEK ASSEBLIEF - BRIEWE WORD UITGEGEE IN REGISTERKLASSE!

INTERSKOLE GHOFLDAG 4 AUGUSTUS 2016
Besprekings vir die jaarlikse interskole gholfdag is nou tot en met 31 Mei eksklusief oop vir lede wie se ledegeld volledig betaal is van die onderskeie oudstudente-unies.  Vanaf 1 Junie sal die inskrywings ook oopgestel word vir nie-lede.  U sal eersdaags 'n skrywe rakende die verskeie opsies van borgskappe ontvang.

PLEK: Pearl Valley Gholfbaan
DATUM: Donderdag 4 Augustus 2016
KOSTE: OSB-lede (R700.00)  -  Nie-lede (R800.00)
Die fooi sluit 'n karretjie, halfweg-ete, aandete en speelfooie in.
ADDISIONELE ETE-KAARTJIES: Addisionele ete-kaartjies is beskikbaar teen R150 p.p
FORMAAT: 4BBB Stableford ('Preferred Drive') met twee van HJS wat teen twee van Gim speel
BESPREKINGS: Francina - Tel: 021 872 2835 (09H00 - 14H00)
Faks: 086 549 1980  - E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.














INTERSKOLE FUNKSIE OP 5 AUGUSTUS 2016
Ons Interskole funksie is weer op Vrydagaand 5 Augustus in die CR-Sentrum om 18:30 vir 19:00. Kom kuier lekker informeel saam met ons en kom vang GEES! Die kaartjies is R250p.p (10 per tafel). Bespreek by Jeanne-Marié in die kantoor by 021 872 9114 of e-pos haar byHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

My School

Gimmie Ondersteuners Items