PAWILJOENKAARTJIES VIR INTERSKOLE 2016

Dit is alweer sulke tyd. As lid van die Paarl Gimnasium Oud-Studentebond wie se ledegeld vir 2016 betaal is, kry u voorkeur by die toekenning van die kaartjies vir die hoofpawiljoen / Noordpawiljoen van die Faurestraat Stadion vir Saterdag 6 Augustus 2016.

Elke lid is daarop geregtig om vir 'n maksimum van 2 kaartjies @ R100 per kaartjie aansoek te doen.  Stuur asseblief u skriftelike aansoek voor Vrydag 17 Junie 2016 na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .  U bespreek nou reeds u kaartjie(s) en betaling moet geskied wanneer u die kaartjie(s) gedurende interskole-week by die OSB-kantoor afhaal.

ALLE OUERS VAN HUIDIGE LEERDERS MOET HUL KAARTJIES DEUR DIE SKOOL BESPREEK ASSEBLIEF - BRIEWE WORD UITGEGEE IN REGISTERKLASSE!

INTERSKOLE GHOFLDAG 4 AUGUSTUS 2016
Besprekings vir die jaarlikse interskole gholfdag is nou tot en met 31 Mei eksklusief oop vir lede wie se ledegeld volledig betaal is van die onderskeie oudstudente-unies.  Vanaf 1 Junie sal die inskrywings ook oopgestel word vir nie-lede.  U sal eersdaags 'n skrywe rakende die verskeie opsies van borgskappe ontvang.

PLEK: Pearl Valley Gholfbaan
DATUM: Donderdag 4 Augustus 2016
KOSTE: OSB-lede (R700.00)  -  Nie-lede (R800.00)
Die fooi sluit 'n karretjie, halfweg-ete, aandete en speelfooie in.
ADDISIONELE ETE-KAARTJIES: Addisionele ete-kaartjies is beskikbaar teen R150 p.p
FORMAAT: 4BBB Stableford ('Preferred Drive') met twee van HJS wat teen twee van Gim speel
BESPREKINGS: Francina - Tel: 021 872 2835 (09H00 - 14H00)
Faks: 086 549 1980  - E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.














INTERSKOLE FUNKSIE OP 5 AUGUSTUS 2016
Ons Interskole funksie is weer op Vrydagaand 5 Augustus in die CR-Sentrum om 18:30 vir 19:00. Kom kuier lekker informeel saam met ons en kom vang GEES! Die kaartjies is R250p.p (10 per tafel). Bespreek by Jeanne-Marié in die kantoor by 021 872 9114 of e-pos haar byHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons is trots op oudleerder, Hendrik van Broekhuizen wat onlangs sy doktorsgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het. Hy het beide sy Honneurs en Meestersgrade Cum Laude aan die US voltooi.

In 2012 is hy bekroon met die Cloete-medalje vir die bes presterende nagraadse student in die Departement Ekonomie asook die Fakulteits-medalje vir die bes presterende Meestersgraad-student in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hendrik is navorser by die Ekonomie-departement van US.
Oud Gimmie, Pietie Oosthuizen (mx'12) verteenwoordig SA by die Laser-Run wêreldkampioenskap in Frankryk (26/27Sept) en word gekroon as wêreldkampioen in die Junior afdeling. Hy is ook die enigste Protea wat aan die moderne 5kamp wêreldreeks deelgeneem het gedurende die 2015 seisoen.

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

User Menu

My School

Gimmie Ondersteuners Items