Interskole Sage

Uittreksels uit 'INTERSKOLE SAGE" deur Jimmy du Toit

......................................

INTERSKOLE 1992

......maar die moeder van alle skokgolwe het in dié jaar die klippe bo-op die berge tot in hul fondasies laat sidder.

........In die geskiedenis sal hierdie Interskole onthou word as die jaar van Boishaai se “DREAM TEAM”.

In my inleiding vra ek by voorbaat om verskoning vir enige emosionele betrokkenheid, maar aangesien ek ‘n onbeskaamde Gimmie is en Interskole vanuit ‘n Gim-oogpunt beleef, gaan ek nie nou om verskoning vra nie. Daarom wil ek, na meer as 70 jaar van blootstelling aan Interskole, ongekwalifiseerd verklaar dat hierdie oorwinning Gimnasium se grootste sege was. Ek het glad nie van 1956 vergeet nie.

Die span speel gedurende die seisoen asof hulle verkies om te verloor......

In ‘n OSB-Transvaal nuusbrief treur ek soos volg: “In 1989 het ek voorspel dat Gim in 1992 ‘n bulspan gaan hê. In 1991 is my vermoede bevestig. En kyk wat gaan nou aan!.

Sewe Boishaai-seuns word vir WP gekies.....net een Gimmie......

‘n Week voor Interskole skryf die Sunday Times dat daar nie ‘n enkele span in die land is wat vir “Paarl Boys High” kan klop nie.

Ten spyte van die triestige vooruitsigte, besluit ek en Piet Uys om ons span te gaan ondersteun.....

Die feit dat Gim nog nooit sedert 1932-Interskole in ‘n jaartal met ‘n twee aan die einde kon wen nie, hou ons ook nie by die huis nie.

In die Paarl aangekom, kon jy duidelik aanvoel dat daar nie plek op die oorwinningsrostrum vir Gim was nie..........

Die Vrydagaand by Bobbie se huis is slaap onmoontlik, want oorkant die straat is ‘n woonstelblok waar ‘n klompie Boishaaiondersteuners feesgevier het. Selfs twee polisiebesoeke kon nie die lawaai van “Boishaaaaaaaaai” en rollende bierblikke demp nie. Ek sê bierblikke, maar dit kon koeldrankblikke gewees het......   Vir daardie manne breek slapenstyd 08h00 Saterdagoggend aan en ‘n mens wonder hoe hul koppe teen 18h00 van al die koeldrankdrinkery gevoel het.......

Voor die hoofwedstryd marsjeer meer as 1000 Boishaaiondersteuners op die veld met ‘n yslike banier wat lui: “MAGIC HEIN AND HIS BOISHAAI DREAM TEAM” (ek het nou nog die koerantuitknipsel), teenstrydig met polisie opdrag dat niemand op die veld toegelaat word nie. Die gevolg was dat honde ingespan moes word, wat gelei het tot klagtes teen die polisie, wat op sy beurt lei na nêrens.

Dit is seker die grootste solidariteitsvertoning wat Interskole nog ooit beleef het en as ek so terugdink aan wat later sou gebeur, gun ek vir hulle die ekstase van die oomblik, en net om aan te toon hoe neutraal ek die situasie bejeën, moet ek erken dat ek ook die Gimmies hul oomblik van ekstase wat binne die volgende uur sou materialiseer, gegun het.

Ek sit teen die tonnel en soos ‘n Tyrannosourus Rex wat uit ‘n klipskeur in Jurassic Park te voorskyn kom, lei Magic Hein sy WP-span op die veld. Dis toe dat ‘n oorweldigende begeerte my beetpak om my tassie te vat en op Hugenoot-stasie te gaan sit en te wag vir die eerste trein Gauteng toe.

Die treurmare duur voort, want binne die eerste vyf minute druk Marius Goosen daar vlak voor sy ondersteuners in die suid-oostelike hoek. Nou weet die manne verseker dat hul euforie van die laaste aantal weke op ‘n onwrikbare fondament gebou is. .........................

Na hierdie drie het daar ‘n subtiele houdingsverandering plaasgevind. Die Gimmies se lyftaal het aangekondig: Boishaai is nie sterker as ons nie en hierdie wedstryd is nog lank nie verby nie! Gim begin met ‘n tikkie meer aggressie speel, rou “guts” en karakter kan jy nie in ‘n blik druk nie. Hulle slaan terug met ‘n drie,....................en druk weer......................

Almal is dronkgeslaan. “It simply ain’t going according to the script.”

Na rustyd druk Boishaai weer..............Op dié stadium is dit duidelik dat Boishaai gaan wen, maar iemand het nagelaat om hierdie persepsie aan die Gim span oor te dra............................

Toe gebeur daar iets waarvan ‘n mens net in feëverhale lees:.................................. Uys van Heerden, Boishaai se onderkaptein en losskakel, het net een ding in gedagte: om die spel tot Gim se gebied te beperk. En hy skop!

Deon Joubert speel agsteman en gedurende die hele wedstryd jaag hy vir Uys, sonder enige dramatiese sukses, maar die groot waarheid wat in so baie gevalle vergeet word, is dat die wedstryd nie ophou voor die eindfluitjie geblaas het nie. Deon vergeet dit nie en bly gefokus. ‘n Rugbybal het nie ‘n baas nie, hy maak net wat hy wil.

Hy storm Uys se skop in die middel van die veld af. Die bal spring so skeenhoogte met Deon agterna. Die bal spring weer, maar nou so kniehoogte. En soos dit ‘n rugbybal betaam, spring die ding weer, maar die keer maaghoogte, so 0.333 m van Deon se maag, en daar trek hy suidwaarts met die bal veilig in sy arms. So blitsig het alles plaasgevind, dat toe Deon die bal onder die pale druk, sommige Boishaai-voorspelers noordwaarts gekyk het om te sien waar Uys se skop land. Was dit nie vir die sinkplaatheining aan die suidekant van die veld nie, sou Deon tot in Suider-Paarl gehol het.........

Gim 20 - Magic Hein and his Dream Team 15.

Indien ‘n meer beskrywende woord as “pandemonium” beskikbaar was, sou ek dit hier gebruik het, want ‘n wonderwerk het plaasgevind. Die onmoontlike het gebeur, want die “Dream Team” se onoorwonne rekord lê in flarde........

Die koerante spreek volslae verbasing uit en in die mees treffende hoofopskrif basuin die Cape Times dit uit: “Dream Team’s Nightmare”.

.........................................................

 

 

INTERSKOLE 1993

........Met Interskole beskik ons oor ‘n span met spoed, krag en ervaring en as ons terugkyk sien ons nie nog ‘n span so goed bedeeld met die vorige jaar se talent nie. Op die oog af lyk dit mos na ‘n wenspan, maar het die geskiedenis ons nie geleer dat dit juis rede tot kommer behoort te wees nie?.....................

Vir die eerste keer in die geskiedenis druk 'n Gimmie èn 'n Boishaaier twee drieë in 'n Interskole wedstryd........

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

My School

Gimmie Ondersteuners Items