Skaak 2017


Ons skaakleerders is reeds hard aan die oefen vir die 2017-seisoen.

Tydens die Sentraal-Boland skaakproewe kwalifiseer vier van ons leerders om aan die Kaapse Wynland-proewe deel te neem. Hierdie leerders is Anke Claassen, Janke Coetzee, Vincent Smit en Daniël Briers-Louw.

Twee van hierdie leerders behaal ook pragtige prestasies:
Janke Coetzee eindig vyfde in die dogters o.18-groep en Anke Claassen behaal ’n pragtige eerste plek in die dogters o.15-kategorie.

Verder is Anke Claassen ook uitgenooi om van 5-12 April aan die Suid Afrikaanse Geslote Skaakkampioenskappe in Benoni deel te neem.
Ons is baie trots op ons skaakspelers en sien uit na ‘n baie suksesvolle seisoen.

L. Jordaan
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Skaak-organiseerder

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

User Menu

My School

Gimmie Ondersteuners Items