Noord-Suid vriendskapsprojek
- 2014

Vanjaar beleef Oslo Handelsgimnasium en  Paarl Gimnasium die vyftiende jaar van samewerking. Die langbestaande uitruilprojek tussen 'n Noorweegse en Suid-Afrikaanse skool het dié jaar die tema, "Volhoubaarheid" en "Volhoubare Ontwikkeling". Daar word rondom die tema werkswinkels aangebied, navorsing gedoen en projekte geloods.

Al Paarl Gimnasium se graad 11-leerders het die geleentheid gehad om aansoek te doen en na vyf intensiewe rondtes waarin hul kennis en vaardighede weldeeglik getoets is, is die volgende groep saamgestel:

Ernst van Rhyn, Janco Marais, Stiaan Klopper, Bianca Steenkamp, Elizabeth Labuschagne, Rozanne Theron. Me Sarah van der Merwe (projekbestuurder) en mnr Nico Momsen (personeellid) bestuur en vergesel die groep.

Die ses leerders en twee personeelede was vanaf 5 - 17 Mei in Oslo, Noorweë. Tydens die besoek, het hul o.a. die Haraldrud Herwinningsaanleg in Oslo, die Smola windplase en die Aura Hydroëlektriese Kragstasie naby Kristiansund besoek.

Die Gimmies ontvang die Nore vanaf 1- 11 Oktober in die Paarl. Hul sal o.a. die Koebergkernkragstasie besoek asook ander spog besienswaardighede in die Wes-Kaap.






Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

User Menu

My School

Gimmie Ondersteuners Items