Leerders word jaarliks verkies om in die Paarl Junior Stadsraad te dien. Hier word leerders blootgestel aan sekere verantwoordelikhede ten opsigte van jeugaangeleenthede in die Paarl. Hulle kry die geleentheid om baie mense te ontmoet, aksies te loods (bv. die Junior Stadsraadsbal en ouetehuisprojekte) en insette rakende die jeug te lewer.

Aan die einde van graad 9 word vier kandidate verkies om vir'n voorbereidingsjaar in die Junior Stadsraad te dien. Die graad 10- en 11-leerders is self, saam met die sameroeper, verantwoordelik om die nuwe leerders wat op die raad dien, te kies. Hierdie leerders moet 'n brief inlewer om te bewys dat hulle as goeie raadslede sal optree. Die groep van vier bestaan uit twee dorp- en twee koshuisleerders.
Aan die einde van Gr. 10 word toesprake deur leerders oor hul visie en missie vir die Junior Stadsraad gelewer. Hierdie toesprake word aan die hele Stadsraad voorgelê en dan word tien lede verkies om in die uitvoerende komitee te dien.

Aktiwiteite sluit in:

* 'n spanbou- en leierskapskamp
* 'n demokratiese opleidingskursus
* 'n pretloop vir liefdadigheid
* 'n sokkerdag vir minderbevoorregtes
* 'n Junior Stadsraadbal/-dinee
* 'n 'Adopt a child day' vir minderbevoorregtes
* vrywilligheidswerk by hospitale
* besoeke aan ouetehuise
* 'n skryfbehoefteprojek (leerders moedig die hele skool aan om skryfbehoeftes te bring en deel dit uit aan minderbevooregtes).

Die volgende Gimmies is vir 2017 verkies om in die uitvoerende bestuur van die Junior Stadsraad te dien:
Graad 11:

* Chrisli Hamman - stadsklerk
* Christoff Botha - assistent stadsklerk
* Lara Horne - komiteehoof van fondsinsameling
* Nika Greyling - komiteehoof van sport en rekreasie

Graad 10

* Johan van Rhyn
* Marco van Rhyn
* Suzaan Wessels
* Imke van der Merwe

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

NoordSuid Uitnodiging

Paarl Gim Video

User Menu

My School

Gimmie Ondersteuners Items