Die skool se eie Christelike sanggroep, Gimnasium vir Jesus, bestaan uit ongeveer 16 sangers  en ‘n opwindende orkes wat bestaan uit elektriese kitare, ‘n klawerbord, tromme en klavier.  Die groep tree baie op by lofprysingsgeleenthede, kerke, jeugfeeste en VCSV-byeenkomste.  Binne die groep word ook opleiding gegee aan belangstellende klankoperateurs, musikante, beligtingsoperateurs, akteurs en aanbieders.


Ons is trots op die personeel en leerders wat help met die afrigting, musiekverwerking en komposisie.  Die groep neem by ander skole en ook gemeentes in en om die Paarl deel.

Die groepe het ook vanjaar aan twee Kultuurfeeste deelgeneem en is ook gevra om 'n CD op te neem. Hulle tree landswyd op en het ook al twee uitreike na Botswana gehad en 'n toer na Namibië onderneem.

Hierdie jaar is hulle twintigste bestaansjaar.

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

User Menu

My School

Gimmie Ondersteuners Items