Dramadepartement bied aan:

1)Dramatiese Kunste gr 8 tot 12
Drama as vak word in graad 8 en 9 as deel van Skeppende Kunste aangebied. Dit word ook in graad 10 tot 12 as vak in skooltyd aangebied. Die dramadepartement bied dan ook vele produksies gedurende die jaar aan wat as leerproses vir die leerders dien. 

Drama graad 8 en 9
 
As deel van Skeppende kunste leer drama in graad 8 en 9 die leerders om in groepe saam te werk, gemaklike en goeie spraaktegnieke (projeksie en artikulasie) en kreatiewe denke ten opsigte van toneel aan te leer. Leerders skryf hul eie tonele en voer dit vir punte op. Daar word oorhoofs gefokus op die waardering van teater en die konteks van teater in ons land vandag. Dit berei leerders wat drama in graad 10 tot 12 wil neem, voor.


Drama graad 10 tot 12
In die vak Dramatiese kunste leer die leerders verskeie vaardighede. Dit behels praktiese en teoretiese vaardighede. Suid-Afrikaanse teater vorm 'n groot deel van die graad 11- tot 12-kurrikulum, asook Griekse teater, Elizabethaanse teater, Realisme en Absurde teater. Leerders word voorberei oor die drie jaar termyn om in produksies as akteur/aktrise te kan deelneem . Die ontwikkeling van die stem en liggaam as akteur is uiters belangrik, veral die fokus op goeie, gemaklike en duidelike spraak en die proses van karakterisering. Aan die einde van die jaar doen elke graad hul eie temaprogram as finale eksamen. Alle praktiese eksamens word voor 'n gehoor gedoen. In kwartaal vier het ons 'n Toneelaand waar die graad 11-leerders  tekste skryf waarin al die graad 10-leerders as akteurs optree. Die vertoning dien as 'n goeie platform vir die leerders om op die verhoog, asook agter die skerm te kan leer.

2)Buite-kurrikulêr

Eisteddfod:
Leerders kan aan die Paarl Vallei Eisteddfod deelneem. Hulle word ingeskryf en op Maandagmiddae gehelp. Daar word hulp verleen in terme van die uitkies van tekste en die opvoer daarvan. Alle leerders in die skool is welkom om vir die Eisteddfod in te skryf.

Dramaklub:
Maandae 3-4 nm vergader die dramaklub in die skool se ateljee (Dramaklas). Ons doen improvisasies  om kreatiwiteit te bevorder en help leerders met die ontwikkeling van praktiese vaardighede wat in enige opvoering tot hulp kan wees. Almal is welkom om die dramaklub by te woon.


Grade 11 English and Drama festival:
Alle graad 11-leerders word uitgenooi om elke jaar in Maart vir twee dae Kunstekaap teater toe te gaan vir die fees. Daar sien leerders produksies en neem aan interessante werkswinkels deel.


Teateruitstappies:
Leerders word gereeld teater toe geneem, veral om voorgeskrewe tekste se opvoerings  te gaan kyk of net vir die plesier daarvan. Die Woordfees en Kunstekaap-teater is spesifiek plekke wat die dramadepartement gereeld besoek. Ons probeer sodoende die leerders se kultuurkennis verbreed.


4)Produksies:

ATKV-Tienertoneel
Paarl Gimnasium stuur elke jaar 'n produksie na die ATKV-Tienertoneel. Ons gebruik ons eie leerders om tekste  vir die kompetisie te skryf. Die beste teks wat tydens die vierde kwartaal se toneelaand opgevoer word, word gekies. Leerders werk dan gedurende die jaar om die toneel op die planke te bring. Dit word by die skool in die Ouditorium opgevoer waarna dit in die Kunstekaap as deel van die kompetisie sal vertoon. Ons gebruik ons eie leerders nie net as akteurs nie, maar ook as tegniese hulp.



Kontakpersoon: Rulandi Janse van Vuuren - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Toelatings : Nuwe Leerders

Kliek HIER vir inligting t.o.v. TOELATINGS
  • AANSOEKVORM
  • GEDRAGSKODE
  • TERME EN VOORWAARDES

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2024 Kalender vir Ouers

Om die nuutste pdf weergawe van 2024 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video


Kliek HIER vir video

Welkom-Terug Fees


Kliek om te vergroot