'n Skool met 'n Roemryke Geskiedenis
        

Die skool is amptelik op 12 Januarie 1858 deur ds. GWA van der Lingen gestig. Gimnasium het in 1964 in twee afsonderlike skole verdeel.

Die laerskool word in die historiese Gimnasiumgebou gehuisves, terwyl die hoërskool op die eertydse plaas, Dammetjie, ‘n nuwe skoolgebou betrek het.  Die eerste dogters is ook in 1964 tot die skool toegelaat en die koshuis, Huis McFarlane, se eerste sooie is kort daarna gespit.

In 2006 open Huis Kalahari Visser sy deure vir gr. 8- koshuisleerders.

Gimnasium is 160 jaar oud in 2018 en georganiseerde sport word al sedert 1902 by die skool beoefen.

By Gimnasium word ‘n volk se kosbaarste besitting, sy kinders, opgevoed deur roepingsbewuste onderwysers wat hul ten doel stel om die leerders se talente, geestelik, intellektueel sowel as liggaamlik, te ontwikkel as ‘n waarborg vir die toekoms.

“Mense en dinge en instansies kan moderniseer en veranderinge aanbring om met die tyd tred te hou, maar tradisie, dit wat opgebou is deur geslagte en eeue, is onvervangbaar.  As tradisies leef, sal geloof bly leef, en instansies en kulture.”

Izak de Villiers (oud-Gimmie)

Toelatings : Nuwe Leerders

Kliek HIER vir inligting t.o.v. TOELATINGS
  • AANSOEKVORM
  • GEDRAGSKODE
  • TERME EN VOORWAARDES

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

FACEBOOKTWITTERINSTAGRAM

School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2024 Kalender vir Ouers

Om die nuutste pdf weergawe van 2024 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video


Kliek HIER vir video

 Geesdans 2024

Bespreek jou tafel NOU! Ons sien uit om almal by die 2024 se Interskole Geesdans te sien

Kliek om te vergroot

Pa-en-Seunaand


Moenie hierdie spesiale aand misloop nie! Bespreek jou tafel nou! Heerlike ete ingesluit. Kontak gerus vir Belinda by belinda@paarlgim.co.za

Kliek om te vergroot