Gimnasium het jaarliks drie geleenthede waartydens die WP Bloedoortappingsdiens 'n bloedskenkkliniek by die skool kom hou. Leerders wat 16 jaar oud is, 50 kg weeg en nie medikasie gebruik nie, kan bloed skenk. Die poging van Gimnasium se bloedkomitee is om leerders aan te moedig om 'n nuwe skenker na 'n bloedskenkgeleentheid saam te bring.

Die grootste waarde van bloedskenk lê daarin dat Gimmies reeds van jongs af die geleentheid kry om 'n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak. Navorsing toon dat jong skenkers gereeld skenk nadat hulle die skool verlaat het.

Dit is belangrik dat u as ouer die toestemmingsvorm moet teken as u kind wil bloed skenk, maar nog nie agtien jaar oud is nie. Hierdie vorm is op die skoolkommunikeerder beskikbaar of u kan WPBTS Google en die vorm daar kry.

Tydens die Desembervakansies en wintermaande het die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens telkens 'n tekort aan bloed. Gedurende die wintersmaande is daar 'n groot tekort aan bloed omdat baie skenkers griep of verkoue het en nie mag skenk nie.

Die bloedskenkgeleenthede vind op die volgende datums om 13:00 tot 16:30 in Huis McFarlane se ontspanningsaal plaas:

BLOEDSKENK 2016

  *   8 Februarie 2016
  *   11 April 2016
  *   31 Oktober 2016






Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

User Menu

My School

Gimmie Ondersteuners Items