Die Hoërskool Gimnasium se gemeenskapsinteraksiespan se doel is om in ons gemeenskap strategiese hulp te verleen waarby die hele gemeenskap baat kan vind.

Berg-en-Dal Primêre Skool is ‘n skool in ons nabygeleë gemeenskap waar ons hierdie jaar betrokke wil wees.  Danksy vroeëre bande tussen Gimnasium en Berg-en-Dal is daar besluit om hierdie jaar voort te gaan met die interaksie nadat beide Bergendal en Gimnasium belangstelling in die projek getoon het.

Ons het op hierdie stadium vier kernareas geïdentifiseer waaraan daar hierdie jaar aandag geskenk sal word.  Die areas behels akademiese steun in taal- en syfervaardighede (spesifiek vir graad 6-leerders), sportbetrokkenheid en betrokkenheid by geestelike waardes.

Die doel van die projek is nie om afhanklikheid te bevorder nie, maar om deur beraadslaging vars perspektiewe en nuwe idees met mekaar te deel.

Op hierdie stadium is daar reeds verskeie besoeke aan die skool afgelê.  Ons geletterdheid- en die syfervaardighedeprojekte is goed op dreef.  Ons beoog om in die afsienbare toekoms verdere besoeke aan die skool te bring en ook ander interaktiewe inisiatiewe te loods.

Indien u van hulp kan wees deur hetsy finansiële, materiële of selfs veral praktiese idees, kontak gerus een van die Joshua projekkoördineerders.

Vriendelike groete.

Jeshua Crous Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

My School

Gimmie Ondersteuners Items