Op Dinsdag 1 November het die Gimmies onder leiding van die studenteraad 'n KERSPARTYTJIE vir 150 kindertjies gehou. Hulle is met die groot skoolbus aangery vanaf Butterfly House na die atletiekbaan by Gim. Leerders en personeellede het deur boeresport-speletjies te doen, 'touch' rugby te speel, danspassies te oefen, gesiggies te verf, asook waterglywurms en springkastele te huur gesorg vir ure se pret en plesier.

Ons het hulle met hope eetgoed bederf (worsbroodjies, sappies, roomys, kolwyntjies, vars vrugte en vele meer). In hulle geskenkpakkies, wat elkeen ontvang het, was inkleurboeke met kryte, haarknippies, albasters en toiletware.

Die blydskap en waardering op elke liewe gesiggie maak hierdie projek vir ons meer as die moeite werd. Graag bedank ons elke Gimmie ouer, leerder, onderwyser en vriend wat gehelp het om hierdie wonderlike dag moontlik te maak. Spesiale dank aan juffrouens Sarah van der Merwe en Elzanne Bonthuys vir hul harde werk.

Kliek HIER vir foto's

Kontak ons


Tel: 021 872 1541/2/3
e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

   



School-Communicator


Volledige kontak-besonderhede ...

2017 Kalender vir Ouers

Om 'n pdf weergawe van 2017 se kalender af te laai, kliek hier.

Paarl Gim Video

User Menu

My School

Gimmie Ondersteuners Items